Tweede Konsilie van Efese

Die Tweede Konsilie van Efese is in 449 byeengeroep deur keiser Theodosius II van Bisantium. Dit was veronderstel om ’n ekumeniese konsilie te wees, maar het die bynaam "Rowersinode" van pous Leo I gekry omdat ’n paar van die besluite afgedwing is deur die teenwoordigheid van gewapende soldate. Die besluite van die konsilie is twee jaar later herroep deur die Konsilie van Chalcedon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search